Die kind asem hoop

skryf sy drome op venster wasems

Lag trane 

van donker druppels in rooi riviere

Sing vals 

uit volle bors die lied van die oranje god

Met toe oe

die spook van pieter se seun in sy arms

…Hom…

Die kind van hom…
Dit is die storm in sy bloed
Die lawaai wat raas in sy siel
Bloei blomme in sy denke
Soekende arms na vrede bomme 
Ja
Die kind van Tata
Tata se kind